EntertainmentLifestyle

Sien die sterre van Mignon “Mossie” van Wyk

Sien jou gunsteling filmsterre hierdie naweek.

As jy teveel uitsien na die nuutste Afrikaanse film, Mignon “Mossie” van Wyk, dan moet jy seker maak jy kom by Nu Metro Menlyn en Woodlands hierdie naweek.

Deanre Reiners, Tanika Fourie en Devon Hofmeyr, die sterre van die film sal Saterdag 7 Mei om 13:30 tot 15:30 by Nu Metro Menlyn Shopping Centre en Sondag 8 Mei om 13:00 tot 15:00 by Nu Metro Woodlands Boulevard wees om hul gunsteling bewonderaars en aanhangers te ontmoet en groet.

Maak ‘n dag daarvan en vat jou ander helfte saam, smul aan lekker springmielies en koop jou kaartjies sommer by die teater om die film te kyk.

Onthou, Mignon “Mossie” van Wyk word amptelik vrygestel op Vrydag 6 Mei 2016. Moet dit nie misloop nie.

Om ‘n kans te staan om deur Rekord kaartjies te wen vir die film, besoek gerus ons kompetisie afdeling vir meer besonderhede.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button