Laaste kans om fliekkaartjies vir “My Father’s War” te wen

Moenie die kans misloop om 'n spesiale voorksou van die nuwe Afrikaanse rolprent "My Father's War" by te woon nie.

Min dae oor om in te skryf vir ons My Father’s War-voorskoukompetisie. Gryp die kans aan om ‘n ekslusiewe voorskou van dié rolprent by Ster Kinekor Kolonnade te wen.

Die nuwe Afrikaans-Engels-rolprent word in Augustus uitgereik en handel oor ‘n gebroke verhouding tussen ‘n pa en sy rebelse tienerseun.

Dit speel in 2003 af met die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt) en sy pa Dawid (Stian Bam), ’n veteraan van die Grensoorlog. Die twee is gedurig aan die baklei en verskil oor alles, sonder enige klaarblyklike hoop op versoening.

Boonop is Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels) in die middel van hul epiese worsteling vasgevang.

Dan ervaar Dap skielik ’n reeks drome waarin hy ’n gevegsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s is.

Daar ontmoet Dap sy pa op dieselfde ouderdom as hy. Die drome verander Dap se opvatting en lewe heeltemal. Daar is nie terugkeer nie. Maar wat is die pad vorentoe?

Loer hier na die lokprent:

WEN

Vyf-en-twintig Rekord-lesers staan ‘n kans om dubbelkaartjies na die spesiale voorskou van My Father’s War op 1 August by Ster Kinekor Kolonnade te wen. Voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.

Die sleutelwoord is ‘WAR’. Die kompetisie sluit 24 Julie om middernag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button