Beplanning kan waterprobleme voorkom

“Beter beplanning en kommunikasie sal dalk die gemeenskap voorberei op wateronderbrekings.”

Ek skryf in verband met die onlangse wateronderbrekings wat inwoners regoor Pretoria geraak het.

Ek was verlig toe ek verlede week se voorblad vir Rekord Moot gesien het. Daar was ’n berig wat die wateronderbrekings in Pretoria verduidelik en ’n waarskuwing dat meer op pad is.

Ek glo dat dit vir niemand lekker is om wakker te word en die krane is leeg nie.

Almal moet kan water drink en ten minste bad, en ek glo as ons inwoners vroeër gewaarsku word oor wateronderbrekings sal hulle nie so vinning warm onder die kraag raak nie.

Ek doen names die inwoners van Pretoria ’n beroep op die munisipaliteit: Stel ons in kennis as ons nie gaan water hê nie sodat ons kan reëlings tref om water op te gaar.

Verstrek ook die rede vir die onderbreking is sodat ons begrip kan hê.

Ek sien dat ons volgende week weer onderbrekings gaan hê en te danke aan vroeë kennisgewing kan ons water opgaar vir daardie paar droë ure.

Aan die ander kant wil ek ook dankie sê aan al die raadslede in Pretoria wat hard werk om inwoners op hoogte te hou van probleme in ons woonbuurte.

Julle word waardeer.

Vriendelike groete,

Ansie de Klerk, Waverley.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button