Gedenkdiens vir Pretoria-man

Hartseer na man se lyk in Bon Accord-dam gekry is.

’n Gedenkdiens vir die man wie se liggaam na dae in die Bon Accord-dam gevind is, word Vrydag gehou.

Jacko Badenhorst (43) is Woensdagoggend in die dam noord van Pretoria gevind, nadat polisieduikers sedert Saterdagmiddag na hom gesoek het.

Badenhorst was Saterdag saam met vriende op ’n boot toe hulle glo besluit het om te swem. Hy het in die water verdwyn.

Vir meer as vier dae het vriende en ondersteuners op die oewer gewag op nuus.

“Jacko se familie en geliefdes kan uiteindelik berusting vind,” sê ’n vriend.

Badenhorst, die pa van ’n 11-jarige dogter en sewejarige seun, word deur skoolvriende beskryf as ’n man met “’n hart van goud”.

Sy vriendin van byna vier jaar, Menita Visagie, se ma Rolly het Woensdagmiddag met Rekord gepraat en gesê haar dogter kan uiteindelik afskeid neem.

“Sy (Menita) bly en werk by die dam en die afgelope paar dae was vir haar bitter moeilik.”

Menita skryf op Facebook: “Dankie Liewe Heer vir die krag wat U my gee en met die vind van my lief… ek sal 10 en 14 September in my lewe nooit ooit vergeet nie.”

’n Gedenkdiens vir Badenhorst vind Vrydag om 11:00 plaas by Mootvallei-gemeente, op die hoek van Mortimer en Louis Trichardsstraat, Mayville.

Lees ook: 

Duikers hervat soektog in dam

Missing man still undiscovered

Still no sign of missing man

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button