Geliefde aktrise verloor kanker-stryd

Marga van Rooy sal veral onthou word vir haar rol as die dramatiese Ella in Vetkoekpaleis.

Die veteraan-aktrise Marga van Rooy het op 75 haar stryd teen kanker verloor.

LEES OOK: Bekende akteur hang homself

Volgens ’n verklaring van kykNet is Van Rooy op 15 Januarie in Stellenbosch oorlede.

Sy het ’n kort siekbed van twee maande gehad.

Van Rooy was veral bekend en geliefd vir haar rolle in Vetkoekpaleis, Molly en Wors, Egoli en Die Windpomp.

Mede-aktrise, Lizz Meiring het die nuus op haar Twitter-profiel bevestig.

LEES OOK: Afrikaanse musiek verloor nog ‘n ster

“My ‘skoonma’ in Molly en Wors, die manjifieke Marga van Rooy is oorlede.”

In ’n Bravo! onderhoud in 2015 het Van Rooy gesê dat dit nog lekker is om saam “met die jong mense te werk” en om deel te wees van ’n wêreld vol jongmense van die toekoms.

LEES OOK: Groot nuus vir Leah

“Ek dink dit is miskien een rede hoekom ek kinders gehad het, ek vertrou jongmense,” het sy verder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button