Indoor krieket vaar goed by Laerskool Wierdapark
Altesaam 433 kinders het aan die toernooi deelgeneem.
Baie geluk aan ons Noord Gauteng Indoor krieketspelers wat gedurende die Aprilvakansie ons naam hooggehou het by die SA Toernooi wat in Port Elizabeth plaasgevind het.
Spanne oor die hele land nl. Noordwes, Mpumalanga, KZN, Oos-Gauteng, Boland, Vrystaat, OP, Gauteng-Noord het deelgeneem.
Altesaam 433 kinders het aan die toernooi deelgeneem.
Laerskool Wierdapark het seuns in al die junior-spanne gehad.
Na die toernooi is drie o.10-seuns in die SA-span opgeneem.
Ruan Muller (o.12) is in die SA span opgeneem en Janro de Bruin in die ‘SA Inland Diamond squad’.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.