Junior Stadsraad-amp vir 2017/2018 inhuldiging
Dit is die eerste keer dat ’n juniorstadsraadlid ’n erelid word.
Tydens ’n spoggeleentheid op 11 Mei, is die volgende leerders tot die Junior Stadsraad-amp vir 2017/2018 ingehuldig:
Burgemeester: Leah Warmenhoven (Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria), Onder Burgemeester Heinrich Nienaber (Hoërskool Zwartkop), Sekretaresse: Embeth du Toit (Hoërskool Menlopark), Stadsklerk Norman Trahms (Hoërskool Waterkloof) en Tarik Lalla van Pretoria Boys High.
Warmenhoven se tema vir die Junior Stadsraad is: Sien mekaar!
Sy sê sy wil hê die jeug moet nie net bloot vir mekaar kyk nie, maar mekaar raaksien.
Afrikaanse Hoër Meisieskool se prestasie is merkwaardig omdat Warmenhoven Zahn Rijnen en Philissa Reyneke opvolg wat albei Affies is.
Rijnen is ’n erelid van die Junior Stadsraad gemaak.
Dit is die eerste keer dat ’n juniorstadsraadlid ’n erelid word.
Die Junior Stadsraad van Pretoria (JCC) is ’n nie-winsgewende jeugorganisasie wat in 1979 gestig is en die jeug en die Pretoria-gemeenskap dien.
Die raad bestaan uit verteenwoordigers van 32 skole regoor Pretoria.
Gedurende die jaar organiseer hulle onderskeie komitees vir verskillende funksies wat die jeug van Pretoria verenig en die grense tussen verskillende skole, rasse en kulture oorbrug.
Die geld wat hulle insamel word aan ’n liefdadigheidsorganisasie geskenk.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
