EntertainmentLifestyle

Die vrou in die blou mantel

Maak seker jy kry jou hande op Deon Meyer se splinternuwe boek, Die vrou in die blou mantel.

Maak seker jy lê jou hande op Deon Meyer se nuutste boek.

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy dit nou bekostig?

Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowrypas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is en hy was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n groot storie in die kunswêreld wees.

Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma op Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar is groot fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news… Die vrou in die blou mantel is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels teen R190, NB Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Deon Meyer is voltyds skrywer en woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit 12 romans in (Wie met vuur speel, 1994; Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002; Infanta 2004; Onsigbaar, 2007; 13 Uur, 2008; 7 Dae, 2011; Kobra 2013; Ikarus, 2015; en Koors, 2016). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button