Gister is verby
Gister is Verby is 'n deernisvolle verhoudingsroman oor borskanker en die invloed daarvan op verhoudings.

Nadine se wêreld stort in duie wanneer ’n doodgewone doktersafspraak ’n skrikwekkende vonnis oplewer. Skielik moet sy nie net borskanker se onmenslike aanslae op haar gesondheid, menslikheid en vroulikheid hanteer nie, maar ook die reaksies van hul vriendekring en haar man, Pierre. Maar ook Pierre voel magteloos. Hy soek desperaat na antwoorde en begin stelselmatig sy plek in hul verhouding bevraagteken. Hoe het hulle onderskeie rolle binne hulle huwelik verander? Sal hulle ooit eendag ouers kan wees?
Hoe leer Nadine en Pierre om mekaar weer opnuut te ondersteun? In Gister is Verby wys Aggenbach hoe geliefdes, te midde van struikelblokke, kan groei en saam sterk kan word. Gister is Verby is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels teen sowat R260, Human & Rossouw.
LEES OOK: Jeugboekskrywer bring haar tienermeisie-inspirasie na Pretoria
Meer oor die skrywer:
Juanita Aggenbach is in 1976 gebore. Sy verwerf honneursgrade in sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en Stellenbosch en ’n honneursgraad in Kriminologie, waarna sy as sielkundige berader en kriminologiedosent werk. Haar derde roman is in 2016 vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Juanita woon in Durbanville met haar man en twee dogters.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
