EntertainmentLifestyle

Hans steek die Rubicon oor

Hierdie skreeusnaakse roman is 'n moet-lees vir enigiemand wat al skeef na 'n oumens gekyk het.

Hans loop op 90 nié met ‘n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ‘n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone.

Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waat jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme. Rubicon is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels teen R220, nb Uitgewers.

LEES OOK: Moot-skrywer voltooi nog ’n boek

Meer oor die skrywer:

Rudie van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, was medestiger en uitgewer van Bloemnuus, en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 verhuis hy Kaap toe. Rudie se skilderye is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika en oorsee. Sy romans is Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button