“Ons onlangse ondervinding” : e-Toll
Dit was nogal ’n verleentheid toe die verkeer agter ons moes wag omdat ons nie soos die verwagting was, seepglad kon deurgaan nie.
Bets Piek van Montana Park skryf:
Ons onlangse ondervinding op die N3: By drie van die verskillende tolhekke kon ons nie deurgelaat word nie (al is vooraf oorgenoeg inbetaal vir die retoer-rit) en moes ons maar van ons sakgeld uithaal!
Met ons terugkoms het e-toll se amptenaar gesê dat terugbetalings nie gedoen word nie en Sanral reken dis maar hoe die tegnologie werk!
Dit was nogal ’n verleentheid toe die verkeer agter ons moes wag omdat ons nie soos die verwagting was, seepglad kon deurgaan nie.
’n Amptenaar by e-toll stem saam dat te veel kontant vir ons senior burgers gevaarlik is en kaarte kan gekloon word. Nou werk die skyfie ook nie.Wat nou??
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
