SKOOL: HS Eldoraigne: SA stoeier na Morokko
Hy is sopas weer deur die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie gekies om aan nog ’n stoeikompetisie deel te neem.
Mika Lemkuhl, ’n graad 10 leerling van Hoërskool Eldoraigne, stoei die wêreld vol.
Hy is sopas weer deur die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie gekies om aan nog ’n stoeikompetisie, The Cadet Gynmasiade in Marrakech, Morokko te gaan deelneem vanaf 1 – 10 Mei.
Dit volg nadat hy die afgelope skoolvakansie Suid-Afrika gaan verteenwoordig het, by die Tallinn Open 2018 stoeikompetisie in Estonia en groot welslae bereik het.
Hy het selfs ’n onderhoud aan ’n joernalis tydens dié toernooi toegestaan.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
