EntertainmentLifestyle

Charlize Berg straal in 2019

Die befaamde sangeres gesels oor haar passies, haar sukses en mamma-wees.

Die bekroonde sangsensasie Charlize Berg se splinternuwe enkelsnit ‘Yster in die vuur’ wat sopas vrygestel is het reeds oud en jonk gaande.

“Dit gaan oor innerlike krag, selfliefde en -aanvaarding en selfvertroue om net jouself te wees, ten spyte van wat die samelewing verwag,” verklap Berg, oor die betekenis agter haar nuutste enkelsnit.

Die treffende popsnit, wat sy saam met haar tweelingbroer Jake Berg geskryf het, is een van daardie liedjies wat jou dwing om stil te staan en na die lirieke te luister.

“Die boodskap van hierdie lied lê my na aan die hart. Ek hoop dat dit luisteraars sal inspireer om weer in hulself te glo en krag te kry om bo enige uitdaging uit te styg,” sê sy.

“Om innerlike krag uit te straal, net soos yster wat gloei wanneer dit verhit en gevorm word deur die vuur.”

Die musiekvideo is in Follicle Hair Atelier se Hazeldean Photographic Studio verfilm deur Pierre Smith.

LEES OOK: Ladies Night Out coming to Atterbury Theater soon

Die idee was om die storie, wat saam met haar vriendin Sue-Marie geskep is, so eenvoudig en eerlik as moontlik te hou.

Haar debuut-album Charlize Berg is in 2011 vrygestel en is in 2013 gevolg deur Deluxe Weergawe, ’n verwerking van haar debuutalbum wat agt nuwe treffers ingesluit het.

Sy het in 2013 ook ’n Engelse album in Los Angeles opgeneem, waar sy ook aan die Musexpo-musiekfees deelgeneem het.

“Sodra ek ’n instrument speel, soos ’n klavier of kitaar, lei dit my na ’n plek van inspirasie. Ek sing slegs dit waarby ek aanklank vind en wat by my stem pas,” vertel sy oor wat haar inspireer.

“Om opreg te wees in my vertolking van liedjies, veral ballades, moet ek baie van myself in die boodskap sien. Dit is vir my belangrik om oomblikke van eerlikheid en weerloosheid in my musiek te hê, veral tydens lewendige optredes.”

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy ook die ma van ’n pragtige babadogtertjie en werk sy aan die ontwikkeling van haar eie velsorgreeks, LeBerg Prestine Skincare, wat vanjaar bekendgestel word.

LEES OOK: VIDEO: ‘The Voice SA’ finalist calls Pretoria home

As sy nie ’n sangeres was nie, sou sy dalk ’n sielkundige word.

“Dit sal lekker wees om ander te kan help met emosionele probleme, omdat ek baie daarmee identifiseer. Min mense weet dat ek soms sukkel om my loopbaan en gesondheid te balanseer,” vertel sy.

“Ek is gebore met ’n toestand wat my lewe op tye onderstebo draai en partykeer gaan dit maar moeilik, fisies en emosioneel. Gelukkig loop ek ’n pad met God en is ek geseënd met ’n goeie ondersteuningsnetwerk.”

Ikoniese legendes met groot stemme soos Celine Dion, Whitney Houston, Adele, Barbra Streisand, Amy Winehouse en Mariah Carey inspireer en sê sy sou nog graag eendag saam met sterre soos David Foster of David Guetta wou werk en in ’n Broadway-musiekblyspel wou optree.

Maar vir nou werk sy hard aan haar passie en hou sy die dinge wat regtig saak maak in die lewe naby aan haar hart.

‘Yster in die vuur’ is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale-mediaskakels:

Facebook: https://web.facebook.com/CharlizeBergArtist/

Twitter: @charlizeberg

Instragram: @charlizeberg

Webblad: www.charlizeberg.co.za

Foto: Verskaf

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button