KOMPETISIE: Wen ‘n kopie van LAPA se nuwe Sypaadjie
Sypaadjie is verseker vol romanse, maar ook vol millenniër-kinkels.

Romanse, maar vol millenniër-kinkels.
“Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie.
“Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor.
“Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.”
“Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?”
“Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.”
Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besighede se afdelings in Kaapstad reg te ruk.
Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat ’n bietjie meer as net ’n vriendin was tydens haar universiteitsdae. Gaan sy, Hannah, ’n veilige sypaadjie wees, of ’n glibberige, maar opwindende afdraaipad?
Hierdie boek is beskikbaar by LAPA Uitgewers.
KOMPETISIE:
Wen een van drie kopieë van Sypaadjie. Om in te skryf vir die kompetisie, vul in die vorm op ons webwerf en gebruik SYPAADJIE as die sleutelwoord.
