CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: Wen kaartjies na die laaste Band Zonder Naam optredes

Skryf nou in, die kompetisie sluit binnekort.

 

Band Zonder Naam neem finaal afskeid van Suid-Afrika na 40 jaar in die musiekindustrie.

Jan Keizer en Anny Schilder het tydens die 70’s en 80’s Afrikaanse harte verower met van hul grootste treffers soos “Yeppa”, “Tonight”, “Wheels on Fire”, “Le Legionnaire”, “Waltzing Maria” en “Mon Amour”.

Dié liedjies is steeds groot gunstelinge waarvan die klanke nog gereeld op plaaslike radiostasies gehoor word.

Die legendariese duo sluit vanjaar hul loopbane af met drie finale optredes in Suid-Afrika.

“Suid-Afrika was nog altyd goed vir ons. Ons is lief vir die land en die mense,” vertel Anny.

Hulle beplan ’n onvergeetlike reis deur die jare se propvol herinneringe en heimweë.

Met meer as 30 albums op hul kerfstok, beloof die Grand Finale om nie een treffer oor te sien wat BZN beroemd gemaak het nie.

Deur die jare het hulle verskeie toekennings ontvang vir die wonderlike musiek waarmee hul luisteraars bederf het. Die tweemanskap is albei deel van die oorspronlike groep en is die enigste groep wat vir meer as 26 agtereenvolgende jare (1973 tot 1998) enkelsnit-treffers op die Top 40 gehad het.

Om die heel laaste optredes van BZN in Suid-Afrika nog meer onvergeetlik te maak, snoer hulle kragte saam met verskeie top plaaslike kunstenaars. Name soos Juanita du Plessis, Nadine, Ruan Josh, Franja du Plessis, Manie Jackson asook Christo en Cobus gaan deel vorm van die voorskou.

Met so ’n wonderlike oploop tot die Grand Finale, beloof die finale toer om BZN op ’n reuse hoogtepunt te eindig. Inderdaad nie ’n geleentheid om mis te loop nie.

Kaartjies vir die optredes beloop tussen R250-R650 per persoon en is beskikbaar op iTickets here.

Datums:

– 11 Oktober – Grand Arena, Grand West in Kaapstad

– 12 en 13 Oktober – Carnival City in Johannesburg

KOMPETISIE:

Rekord het twee dubbelkaartjies om weg te gee. Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘BAND ZONDER NAAM’ as die sleutelwoord.

Die kompetisie sluit 11 Oktober.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button