Radiokansel bied aan Byt Vas seminar
Voel jy asof jou emmer te vol is? Is jy moeg, gespanne en angstig? Dan is Radiokansel se Byt Vas!-seminaar net vir jou bedoel!

Sprekers Lynette Beer en Dr Gustav Gous kom leer ons hoe om VAS TE BYT in moeilike tye. Die sangeres, Lisa Katzke, deel ook van haar getuienis en bedien ons met haar wonderlike sangtalent.
“Mense soek hoop, hulle is op ‘n plek waar hulle antwoorde soek en hulle weet nie regtig hoe om na die volgende vlak te gaan nie. Dit is een ding om die skrif te ken, maar sukkel om dit prakties te leef”, sê Lynette.
Dr Gustav Gous meen dat ‘n houding baie maal ‘n gewoonte word, mense het die vermoë om op verkeerde dinge te fokus. Dit is nou tyd om op die regte dinge te begin fokus en ons houdings te verander sodat dit ons nuwe gewoontes word.
Met Radiokansel se Byt Vas!-seminaar wil hierdie sprekers jou met vaardighede en praktiese wenke bemagtig sodat jy in aksie kan oorgaan in watter situasie jy jouself ook al bevind. Hulle deel hoe jy die Bybel prakties kan toepas om deur moeilike tye te gaan. Hulle wil die boodskap deurgee dat daar hoop is, te midde van die probleme wat ons elke dag beleef.
Luister na die potgooi waar Lynette Beer en Dr Gustav Gous deel oor hul verwagting vir die Byt Vas!-seminaar.
Die Byt Vas!-seminaar vind plaas op 19 Mei vanaf 8:30 vm tot 12:30 nm by Lewende Woord, Brummeria in Pretoria. Kaartjies kos slegs R175! Verversings sal te koop wees. Bespreek vandag nog vir ‘n lewensveranderende moedskep-oggend!
Kaartjie te koop by Quicket https://bit.ly/3KZNHjP
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
