Elma McKenzie is ‘n welbekende skoonheids terapeut en die stigter van Placecol Cosmetics in SA.

Elma McKenzie is alom baie bekend as Stigter van Placècol Cosmetics (1980) en die eienaar van Elma McKenzie Spa, Beauty & Laserkliniek op Ermelo.

Elma McKenzie is ‘n welbekende Skoonheidsterapeut,  die stigter van Placécol Cosmetics en ‘n internasionaal  bekroonde op haar vakgebied. Sy is die huidige eienaar van Elma McKenzie Laserkliniek hier in die Ooste.

In 1980 het Elma ( vroeer ‘n  Radioterapeut)  haar groot droom  om ‘n eg Suid- Afrikaans vervaardigde  reeks Kosmetiese produkte plaaslik te  vervaardig, bereik. Met moeilike toegang tot die Manketti neut tydens die Bos-oorlogsjare -aangesien die Manketti slegs  in die Caprivi streek voorkom.  Manketti  kern olie het  die basis gevorm van die welbekende  Placécol reeks.

Leslie en Elma McKenzie in die Placècol Laboratorium ( 1980) Leslie was ‘n apteker en hy het die vervaardiging gedoen.
Manketti neute wat hulle van Rundu af gekry het.

Haar man, Leslie was ‘n apteker.  Hy het die vervaardiging van Placé col  behartig. Hulle het  patente regte ( patent 838842)   vir die farmaseutiese en kosmetiese gebruik van Manketti olie geregistreer.  (Manketti se wetenskaplike naam is Recinodendron Rautanenii Schinz)

Al die bekende ingevoerde Skoonheidsmiddels in die Kosmetika bedryf,  was  destyds slegs in apteke beskikbaar ;  dus was dit hulle  uitdaging om Placécol  innoverend in apteke in S.A.  te versprei. Later is die Placécol reeks ook in Skoonheidsklinieke versprei. In 1983 word die patent “Elma McKenzie Laser Method” geregistreer en is Laserbehandeling gebruik om Placécol Cosmetics landswyd in  apteke  te bemark

Elma McKenzie Spa, Beauty en Laser kliniek was verskeie kere aangewys as die “Best Beauty Clinic in S.A.”  of  onder die top 3 klinieke in die land. Verder ook ‘n   SAAHSP en CIDESCO geakrediteerde kliniek, waar sy  uitstekende behandelinge aan haar kliënte kon bied.

Vandag is Elma McKenzie ‘n baie bekende in die Somatologie kringe en staan sy aan die stuur van haar Skoonheidskliniek in die Ooste van Pretoria. Van die gewilde behandelings sluit in IPL  Laser,

Nd-Yag Laser, Micro-Needling,  Bio-ontrimpeling, Chemiese Afskilferings en gespesialiseerde verjongingsterapie behandelinge.

Op ‘n meer persoonlike noot is Elma baie aktief betrokke by liefdadigheids organisasies. Haar lewens motto is “Elke krisis is God se geleentheid.”

Om meer oor Elma McKenzie Laser Kliniek te wete te kom, volg haar op Facebook, of www.elmamckenzie.co.za (epos- elma@elmamckenzie.co.za)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button