Alexander by Errie Kunste-kelkie

Die EHS Kunstesentrum bied Woensdag, 20 Mei bied ‘n kultuuraand aan.

Oud-Errie Alexander Venter tree as gaskunstenaar op. Hy het in sy gr.12-jaar die hoofrol in die EHS se musiekblyspel Summer Holiday vertolk en gehore was gaande oor sy sang en professionaliteit. Die kroning van die Errie-Ambassadeurs vir 2015 sal ook tydens die geleentheid plaasvind.

Talentvolle Erries gaan optree saam met die oud-Errie-orkes. Bekende treffers van Andrew Lloyd Webber en Alexander, wat enkele uittreksels uit musiekblyspele gaan sing, vorm deel van die aand se vermaak.

Alexander gaan ook van sy treffers op sy pas vrygestelde CD, Droom, sing.
Die nuwe sanggroep van EHS, The Crew, maak ook op die aand hul buiging met Special Star, baie gepas vir die kroning van die Errie-sterre van 2015.

Gedurende pouse sal ‘n skemerkelkie en heerlike snoephappies in die foyer bedien word. Moenie die besondere kultuuraand misloop nie. Vir meer inligting, skakel die Musieksentrum by 017 819 3471. Kaartjies is beskikbaar by die sportkantoor teen R60 per persoon. Dit sluit die skemerkelkie en die snoephappies in.

Back to top button