Annebel, Ermelo vier vyf jaar van omgee

Die Annebel Foundation versorg tans ongeveer 700 minderbevoorregte tienermeisies landwyd.

Elke maand gee hulle vir dié meisies bederfpakkies.

Daar is so baie dinge wat as vanselfsprekend aanvaar word, maar wat vir duisende meisies ‘n luukse is.

Die pakkies bevat produkte soos sjampoe, deodorant, seep, tandepasta, handeroom en sanitêre produkte.

Opgeleide takbestuurders oorhandig dit maandeliks persoonlik aan die meisies en daar word tydens die byeenkomste gekuier, waar daar ook vir hulle basiese afrondingklasse gegee word.

Annebel Foundation help ook minderbevoorregte gestremde meisies, borg van die dogters se matriekafskeidsgeleenthede, leer hulle om ‘n CV op te stel, berei hulle voor vir werksonderhoude, leer hulle tafel dek en vele meer.

Annebel Ermelo versorg die afgelope jaar tot 36 meisies maandeliks,en streef daarna om binnekort nog 10 te begin help.

Die meisies wat versorg word, is onderskeidelik uit EHS, Ermelo Laerskool en die twee kinderhuise in die dorp.

Vir enige navrae of om tot die projek by te dra, skakel Saretha Ferns by 082 302 5335.

Annebel Ermelo vier Saterdag hul vyfde jaar van omgee. Kom geniet die oggend met roomkoffie en wafels saam en luister na die meisies se getuienisse.

Die verrigtinge is van 10:00 tot 12:00 by die Volle Evangelie Kerk, Brummerstraat 60 en toegangs-“geld” is produkte wat in Annebel-pakkies gebruik kan word.

Bespreek vroegtydig by Saretha op bogenoemde nommer.

Back to top button