Appelgeregte op tuinbouers se agenda

Lede van die Ermelo Tuinbouklub vergader op 20 April aan huis van Sarita Celliers waar hulle sal leer om heerlike appelgeregte te maak.
Die vroue kan uitsien na demonstrasies deur Elria Steenkamp, Anita Roodt, Lettie Bührmann, Rika van Aswegen, Saretha Ferns en Leoni Paquet.
Kom deel gerus in die pret en leer om verskillende appelgeregte te maak, appels in te lê, appelmoes en terte te bak, meer oor banting-gebak en vind meer uit oor die uiters gesonde Kefir.
Sarita se huis is 17km van Ermelo op die pad na Amstersdam.
Almal kom om 09:00 by Mugg & Bean bymekaar waarna hul saam na die plaas vertrek.
Enige persoon is welkom om die vergadering by te woon, kostes beloop R40 (lede) en R50 (gaste).
Bevestig asseblief u deelname deur ‘n sms aan Lettie Bührmann by 082 570 902 te stuur.
Diegene wat belangstel in ‘n oggendstappie is welkom om om 08:30 saam 3km vanaf Elmarie Celliers se huis na Sarita se huis te stap.

Back to top button