Badplaas gholfdag
Badplaas Gholfklub bied Saterdag 18 Julie ’n gholfdag aan ten bate van die CMR Carolina.
Inskrywingsgeld beloop R200 en sluit ’n ete tydens die prysuitdeling in.
Die kompetisieformaat is Betterball en afslaan is om 09:00.
Daar is groot pryse op die spel, onder meer R2 000 vir ’n kolhou.
Vir meer inligting of inskrywings, skakel Esmé (Badplaas Gholfklub) by 082 899 3698 of stuur ’n e-pos aan badplaasgolf@mweb.co.za.