Bethal DBV bied Country-aand aan
BETHAL – Die plaaslike DBV bied op 1 Mei om 11vm op die rugbyvelde agter Hoërskool Hoogenhout ’n Country-aand aan.
Toegang beloop R20 per persoon en R100 per stalletjie.
Clive Bruce, die bekende Country-sanger, tree as gaskunsternaar op en die gemeenskap kan baie ander Country-sangers daar verwag.
Skakel me. Christine Venter by 072 172 5187.