Bethal Marathonklub snoer vanjaar kragte met die jaarlikse Christenfees
Bethal Marathonklub snoer vanjaar kragte met die jaarlikse Christenfees van die Afrikaanse Christelike Kerk op Bethal.
Twee wedlope, ’n 10km en 21km en ’n pretloop van 4,9km word op 9 September by Laerskool Marietjie van Niekerk aangebied.
Die wedlope begin om 8vm en die pretloop om 8.10vm.
Die koste vir die onderskeie wedlope beloop R30 vir die pretloop, R60 vir die 10km-wedloop en R90 vir die 21km-wedloop.
Tydelike lisensies kos R30.
Inskrywings kan vanaf 6vm gedoen word.
Koffie, koeldrank en kos sal te koop aangebied word.
Skakel me. Engela van der Merwe by 072 672 2015.