Bethal Rugbyklub vier Eeufees met spog funksie

Bethal Rugbyklub hou ’n funksie op 24 Junie by Hoërskool Hoogenhout om ’n 100 jaar se Ruby in Bethal te vier.

Die Klub gaan op die dag twee wedstryde speel wat deur ’n dinnee met eregas Deon Schoeman gevolg gaan word.

Gaste sal ook deur ’n gaskunstenaar vermaak word.

Skaap spitbraai met allerhande lekker bykosse kan verwag word en daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Die kaartjies beloop R150 per persoon.

Daar is ook ‘Lucky draw’ kaartjies beskikbaar teen R50 elk waarvan die prys ‘n Blesbok is.

Die kaartjies kan by Jorina Beeslaar by JB Agentskappe/ Bethal Wapens gekoop word.

Skakel 017 647 6332 vir meer inligting.

Back to top button