Boeredans om bane op te knap
Die Secunda Rolbalklub bied Saterdag, 19 Augustus ’n boeredans aan as deel van hul geldinsamelingsprojek vir die opgradering van hul rolbalbane.
Die Ventertjies, twee jong susters wat boeremusiek op kitaar speel, gaan die vermaak vir die aand aanbied en daar gaan genoeg plek wees om lekker te dans.
Kaartjies kos R120 per paartjie en jy word genooi om jou eie piekniekmandjie saam te neem.
Daar sal ’n kontantkroeg wees, want jy mag nie jou eie drank saamneem nie.
Die dans begin om 7nm.
Skakel mnr. Jan Labuschagne by 082 873 4316 vir meer inligting.