Doen Kersinkopies by NGK De Bruinpark
Die NG Kerk De Bruinpark bied van 16 November tot 5 Desember ‘n Kersmark in die kerksaal aan.
Marktye is Maandae tot Vrydae 08:00 tot 19:00 en Saterdae 08:00 tot 15:00.
Aansoeke vir voornemende uitstallers sluit op 10 November.
Vir meer inligting, skakel Chantal by 017 811 4727 / 072 460 1654 of Kris by 082 410 0834 of stuur ‘n epos na ngkdeberm@telkomsa.net.
Die mark is ten bate van die NGK De Bruinpark se geldinsamelings-projekte.