Ermelo Hoëveld Landbou Fees
Ermelo Hoëveld Landbou Fees, 2 – 4 Maart 2017.
Met ‘n daaglikse arena program van 09:00 to 22:00 is daar vermaak vir jonk en oud.
Soggens word die kinders deur Boeboe die Nar vermaak en die res van die dag word die verhoog deur ‘n magdom kunstenaars beman.
Anél Moolman en Ryan Naude tree weereens as seremonie-meesters op.
Skougangers kan uitsien na top kunstenaars op die skouverhoog: Refentse, Ricus Nel en Liza Bronner tree Donderdagaand vanaf 19:00 op.
Vrydagaand deel Monique Steyn en Touch of Class die verhoog vanaf 18:30.
Die hoogtepunt van die fees is die Parlotones wat Saterdagaand om 19:00 optree.
Verdere vermaak en kykgenot sal op ‘n later stadium bekendgemaak word.
Toegangsgelde vir die fees is R50 per volwassene per dag, R30 per skolier per dag en R20 per skolier in skoolverband per dag.
Pensioenarisse, 65 jaar en ouer, het met bewys van hul ID gratis toegang tot die fees.
Enige individu en / of besigheid wat graag betrokke wil raak by die feesreëlings kan gerus by die skoukantoor inloer vir meer inligting.
t.) 079 202 4361 Maylene
t.) 071 691 7747 Berdine
f.) 086 618 0962
fb.) https://www.facebook.com/Ermeloskou