Geniet ’n ‘soppie in ’n koppie’-buffet saam met Lieb en André Bester

TRICHARDT – Geniet ’n oggend vol pret saam met Lieb en André Bester.
Vermaak en springkasteel vir kinders is ingesluit by die prys.
Ondersteun Kansa deur die Soppie in ’n Koppie- buffet op 15 Julie vanaf 11vm tot 1nm by Holfontein (Party Town) by te woon.
Daar is verskillende soorte sop om van te kies en jy kan rustig eet terwyl die kinders lekker speel.
Kaartjies kos R120 per volwasse, R20 vir kinders bo vyf jaar en kinders onder vyf jaar gaan verniet in.
Geld wat op die dag ingesamel word, word aan Kansa geskenk.
Daar is kaartjies by die Ridge Times-kantoor beskikbaar of jy kan ook kaartjies by Kansa koop.
Skakel Nadia by 017 631 2857 of 076 223 9739.
#CuppaForCANSA