Hendrina hou reünie

 

Die verrigtinge begin om 08:00 met ’n sportdag, met volop kos en vermaak.

Alle oudleerlinge en oudinwoners van die dorp word hartlik genooi om die dag by te woon.

Sommige matriekgroepe, onder andere die 2006-groep, beplan ’n formele reünie en ander kom meer informeel bymekaar.

Vir meer inligting, skakel Josef von Wielligh by 082 706 5044 (die “ouer” groep), Pieter van der Linde by 082 782 6857 (die “middelgroep”) en Ansi Coetzee by 082 418 0503 (die jonger groep).

Sondagoggend, 5 Junie word ’n gesamentlike fees-en dankdiens vir 100 jaar van genade in die NG Kerk gehou.

Back to top button