Hervormde Kerk Ermelo-Suid hou basaar
Die basaar skop Donderdag 27 Augustus met ‘n uitstalling van persiese matte, khelims en skilderye af.
Ongeveer 400 matte en 200 skilderye kan in die konsistorie en kantore besigtig word.
Dié uitstalling sal 27 Augustus vanaf 12:00 tot 20:00, 28 Augustus vanaf 10:00 tot 22:00 en 29 Augustus vanaf 09:00 tot 15:00 oop wees vir die publiek. Kaartfasiliteite is beskikbaar.
28 Augustus vind die bekende en gewilde Maanligpiekniek om 18:30 plaas.
Elke persoon sal sy ontvang ‘n eie piekniekpakkie ontvang en Danie Terblanché sal gaste vermaak met sy sang.
Bespreek vroegtydig by ds. Johan Bezuidenhout 084 514 1092.
Saterdag 29 Augustus is dit basaar. Vanaf 9:00 kan gesmul word aan ‘n groot verskeidenheid heerlike eetgoed.
’n Teetuin sal sorg vir ‘n besonderse bederf.
Vanaf 10:00 – 13:00 vind ‘n Laerskool Koorfees binne in die kerkgebou plaas.
’n Paar Laerskoolkore asook die bekende Hoëveld Jeugkoor tree op.
Om 12:00 word ‘n groot aantal balonne met geestelike boodskappe in die lug losgelaat om die omgewing te bereik.
Dit word gevolg deur die bekende wynveiling om 12:15.
Vir die kinders is daar ook volop vermaak.
Maak seker dat jy hierdie geleentheid nie misloop nie.