Hervormers hou basaar
Die Hervormde Kerk Ermelo se basaar vind op 1 Augustus van 08:00 op die hoek van MacDonald- en De Jagerstraat plaas.
Gerda Swanepoel van Koekedoor-faam en ook Ermelo se eie Koeksisterkoningin sal deur die dag koeksisterbak-demonstrasies aanbied.
Daar sal baie varsgebakte koeksisters te koop wees en Koekedoor-koeke sal in die restaurant bedien word.
Een van die hoogtepunte gaan beslis die koeksistervlegkompetisie vir mans wees en sal deur Gerda beoordeel word.
Dit beloof om groot pret te wees.
Kinders kan uitsien na die Bungee trampolien, trapkarre en baie meer.
Om hulle diensbaarheid te toon, het die vrouens van die gemeente, mevrou dominee inkluis, besluit om almal in oorpakke daar op te daag.
‘n Predikant se vrou in ‘n “overall” is beslis iets om na uit te sien.
Vir meer inligting, skakel dr. Piet van Zyl by 017 811 2434.