Hoërskool Oosterland en Secunda Rally Wieleskou
SECUNDA – Secunda Rally en Hoërskool Oosterland beloof om vanjaar ’n groter Wieleskou aan te bied.
Daar sal FMX-motorfietse, ‘drifting’, motorhandelaars, motorfietse, sleepwaentjies, bote en vele meer wees.
Die vroue kan ’n uitstalling in die Arena geniet en daar gaan ook baie kindervermaak wees.
Vir diegene wat dors word, is daar weer ’n biertent op die perseel.

