Holland Geloftefees

Die Holland Geloftefees begin op 15 Desember om 08:00 met ’n perdeoptog vanaf die Ermelo-skouterrein tot by die Holland-feesterrein waar almal saam kan kamp en braai.

Pap en sous sal voorsien word, bring net jou eie vleis. Woensdag 16 Desember se verrigtinge begin om 09:00 met ’n vlagparade, daarna die diens gelei deur dr. Frans Boshoff, 11:00 is die Feesrede en 12:00 die algemene jaarvergadering.

Ná afloop van die diens is daar ’n bring-en-braai. Bring jou eie eetgerei, pap en sous sal voorsien word.

Navrae skakel Dawie Swanepoel by 082 780 0121.

Back to top button