Holnek 4×4 dag
Holnek Wild-en Natuurreservaat bied ‘n 4 x 4 Gesins Pretdag aan op 12 Maart aan.
Die dag behels die bekendstelling van vyf nuwe hindernisse op die 4 x 4 roete.
Die uitdagende hindernisse is opsioneel tot die roete.
Op die roete is daar ook pret aktiwiteite wat jou kennis en vaardighede gaan toets.
Die roete en aktiwiteite sal ongeveer 4 ure neem, waarna ons saam kuier by Mqgoma Kamp.
Braaivleisvure, pap en sous sal voorsien word.
Wat moet ek saambring?
4 x 4 Voertuig
Eie Vleis en drinkgoed
Verkyker
Koste beloop R250 per voertuig.
Bespreking noodsaaklik, kontak Manda by 082 807 1054.