Hoogies en Ermelo meet kragte

BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se hokkie-, netbal- en rugbyspanne speel op Saterdag, 16 Mei teen Ermelo in die jaarlikse FNB Classic Clash.

Die eerste wedstryde begin om 8vm.

Volgens mnr. Duane Botha, onderwyser, is dit die tweede jaar wat FNB die jaarlikse clash-wedstryd aan die twee skole gee.

“Dit gaan soos normaalweg taai wedstryde tussen die twee skole wees,” het mnr. Duane Botha gesê.

Die eerste hokkiespan speel om 10.45vm op die A-veld en die Netbal se eerstespan speel om 9vm op die A-netbalbaan.

Hoogies se eerste rugbyspan speel om 12.30 op die A-veld.

Die skool nooi die gemeenskap die skool te ondersteun.

Skakel mnr. Botha by 082 451 9759.

Back to top button