inniPARK Fees nuut vir Secunda
SECUNDA – Laerskool Secunda bied InniPark Fees op Saterdag, 29 Augustus aan.
Bekende kunstenaars soos Pieter Koen, Adam, Ricus Nel en vele ander sal by die fees optree.
Toegang beloop R50 vir volwassenes en R30 vir laerskoolleerlinge.
Mense wat stalletjies wil bespreek, kan die skool skakel by 017 634 7612.