Interessante inligtingsoggend wag op tuinbouklublede en gaste
Die vroue van die Tuinbouklub vergader op 17 Februarie om 9:30 vir 10:00 by Tasso’s.
Die Tuinbouklub is al jare lank vir die vroue ‘n bron van kennis oor verskeie onderwerpe en vandeesmaand beloof om baie interessant te wees.
Airbnb en Home Exchanges is deesdae op baie mense se lippe en is ook gewild onder rolprentsterre en ander bekendes.
Annette de Wet is ‘n kenner op dié gebied en sal die vroue meer vertel oor die interessante oplossings om duur vakansies in hotelle en gastehuise te vermy.
Annette sal ook gesels oor finansiële sake vir die vrou.
Ermelo se koeksisterkampioen en Koekedoorster, Gerda Swanepoel, gaan die vroue meer vertel van haar ervaring tydens Koekedoor.
Lettie Bührmann sal vetplante te koop aanbied.
Koste beloop R45 (lede) en R60 (gaste) en dit sluit tee en iets te ete in.
Bevestig asseblief sodat die getalle vir die tee deurgegee kan word.
Vir meer inligting of om jou plek te bespreek, sms Elmarie Celliers by 082 060 9560 of Lettie Bührmann by 082 572 0902.