Kom deel in EXE-pret
Die waaghalse van die EXE-klub gaan op 8 Augustus vanaf 09:00 mense weer na hul asems laat snak.
Hulle bied ‘n pretdag ten bate van Laerskool JJ van der Merwe se leiers se geldinsamelingsprojek op hul nuwe baan sowat 5km buite Ermelo op die pad na Morgenzon aan.
Daar sal in die standaard- en ope klas meegeding word en almal word genooi om dié dapper manne te kom ondersteun.
Toegangsgeld is R20 per volwassene en R10 per kind.
Inskrywingsgeld sal R300 per deelnemer wees. Daar sal eet- en drinkgoed beskikbaar wees en daar is ook pryse om te wen op die spel.