Kom ry en sing saam
BETHAL – Bethallers, jonk en oud, toonvas of toondoof, kan op Dinsdag, 3 Desember aan ‘n Kersliedjieaand deelneem.
Die gemeenskap gaan omstreeks 6.30nm by die twee ouetehuise op Bethal Kersliedjies sing.
Belangstellendes kan omstreeks 6.30nm by die parkie op die hoek van Van der Stellaan en Tulbachlaan in Uitbreiding 4 byeenkom waarvandaan almal dan met ‘n vragmotor al singende na die twee ouetehuise sal vertrek, waar hulle die bejaardes se lewens met die sing van al die mooi Kersliedjies gaan ophelder.
Daarvandaan gaan almal terug parkie toe waar hul verder gaan sing en piekniek hou. Mense moet hul eie mandjie met drinkgoed en versnaperinge, flits en kombers saambring vir ‘n onvergeetlike aand saam met al die Bethallers. Jonk en oud is almal welkom, veral die kinders.
Vir meer inligting e-pos me. Ingrid Human by ihuman@vodamail.co.za.