Lothair hou boeredag
Die Nu-Scotland Landbouvereniging bied op 24 Junie ‘n boeredag by die Lothair Boeresaal aan.
Daar sal baie uitstallers wees wat hul produkte sal bemark met die fokus op algemene boerdery, bosbou en brandbestryding.
Natuurlik is dit ook die ideale geleentheid vir almal om lekker saam te kuier en alle boere van omliggende landbouverenigings word hartlik genooi.
Die verrigtinge begin om 12:00, verversings en braaipakke sal te koop wees en as die kele droog raak, sal die Lothair-kroeg oop wees vir ‘n lafenis.
Vir meer inligting, skakel Jaap by 082 789 4510.