Maak reg vir die Wildsfees

Bethallers moet seker maak dat hulle nie Laerskool Marietjie van Niekerk se gewilde Wildsfees op Saterdag, 29 Augustus, misloop nie.

Kunstenaars soos Dusty Dixon en Bok van Blerk gaan by die fees optree.

Dit vind op die laerskool se rugbyveld plaas en hekke gaan vanaf 4nm oopmaak, maar die verrigtinge begin eers om 6nm.

Kaartjies kos R500 per persoon en dit sluit peuselhappies, ’n driegang maaltyd, souvenier glas, gratis koffiekroeg en toegang tot die optredes van albei sangers in.

Ondernemings kry die geleentheid om een van die 30 afsonderlike lapas vir die aand te koop.

Twee opsies is beskikbaar, naamlik 20 gaste teen R10 000 of 30 gaste teen R15 000.

Elke lapa kry sy eie spysenier, wat gashere die geleentheid bied om saam met hulle gaste te ontspan en die aand te geniet.

Ondernemings kan ook van die geleentheid gebruik maak om hul besighede te adverteer.

’n Kontantkroeg gaan beskikbaar wees en vir veiligheidsredes, word geen 0/18’s word toegelaat nie.

Die eerste Wildsfees is in 1998 aangebied en dit sal vanjaar die 11de een wees.

Die doel is om die gemeenskap van die skool bewus te maak en om geld in te samel om behoeftige leerlinge te help.

Die gemeenskap word genooi om die buitelug boeremakietie te ondersteun en die aand gesellig saam te kuier.

Dit beloof om die hoogtepunt van die jaar wees en moet mense so gou as moontlik koop om teleurstelling te voorkom.

Ondernemings wat lapas wil koop, kan mnr. Johan Swanepoel (Swannie) skakel by 079 528 4837.

Vir meer inligting, skakel me. Joubert by 082 788 2701 of besoek hulle facebookblad by Marietjie van Niekerk Wildsfees.

Back to top button