Megaboervrou spreek Tuinbouklub toe
Lede van die Ermelo Tuinbou-klub sien uit na die besoek van Estie Badenhorst van Hluhluwe as gasspreker hul maandvergadering wat op 18 Mei by die Family Life Church plaasvind.
Deur die jare het Estie haar eie bedryf op hul plaas ontwikkel, naamlik die inlê van die pynappels.
Sy het verskillende produkte beproef en haar gebottelde ware is reeds op talle winkelrakke te sien.
Estie en haar man, Cassie, was onlangs op Kyknet se Megaboere-program te sien.
Sy het op Ermelo grootgeword en het in 1979 aan die Hoërskool Ermelo gematrikuleer.
Sy borrrel steeds entoesiasties oor Ermelo en haar grootwordjare hier.
Die Badenhorsts is die titel “megaboer” beslis waardig, Tuiskoop, waar Estie se produkte te koop is, en die
Tuinbouklub is opgewonde om hierdie flukse, vrolike en bekwame dame as spreker te ontvang.
Die verrigtinge begin om 09:30 vir 10:00 en die koste beloop R45 pp (lede) en R55 pp (nie-lede).
Tee en verversings sal in die koffiewinkel te koop aangebied word.
Bevestig asseblief of u die geleentheid gaan bywoon by Lettie Bührmann by 082 572 0902.