Moths country dans
Die Ermelo MOTH-organisasie hou op 18 Julie ‘n Country-dans by die Monte Sole Shellhole-klubhuis in Jan van Riebeeckstraat.
Die dans begin om 18:00 en is ten bate van die klub se geldinsamelingsprojek.
Groot pret vir oud en jonk word beloof met die Impala Boere-orkes van Nick en Jannie wat die musiek sal verskaf.
Kaartjies teen R100 per persoon, wat ‘n ete insluit, is beskikbaar by Kenrick Mining, Borderstraat 34, Radio Ermelo in Voortrekkerstraat en Ouma Rooi Koeksisters.
Veilig parkering is ook beskikbaar.
Skakel Annalize by 082 442 4505, Johan by 017 811 7955 of Gerda by 082 805 2255 vir verdere inligting.