NG Kerk Bethal hou pastoriemark

Die vierde Pastoriemark, aangebied deur N.G. Gemeente Bethal-Oos vind 29 November tot 2 Desember op die kerkterrein, op die hoek van Hoëveldlaan en Wichtstraat plaas.

Die deure open daagliks om 09:00 tot 19:00 en markgangers kan uitsien na kwaliteit handgemaakte-en kosprodukte wat te koop aangebied word, al die fonde wat ingesamel word is ten bate van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR), bekend as Tutela.

Die teetuin sal daagliks tussen 09:00 en 16:00 oop wees en wegneem aandetes teen R50.00 per persoon sal tussen 16:30 en 19:00 beskikbaar wees.

Om teleurstelling te voorkom kan aandetes vooraf bestel word by Maxie Steenkamp (082 401 4840) of Ella Louw (072 548 1329).

Ons is ook bevoorreg dat van Bethal se musikante sal tydens die mark vir ligte agtergrond musiek sorg, enige opkomende kunstenaar wat van die blootstelling gebruik wil maak, kan Ingrit Human by 082 923 0211 skakel.

Vir meer inligting oor die Pastoriemark of uitstallings, skakel Marita Oosthuizen by 082 291 3558 of stuur ’n e-pos na maritao@vodamail.co.za.

Back to top button