Ondersteun MOTHs se herdenkingsparade

Die Monte Sole Shell Hole Ermelo hou Sondag 6 November om 11:00 die jaarlikse parade om die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog (1914 -1918) te herdenk.

Die parade word by die MOTH-kompleks in Van Riebeeckstraat in Ermelo aangebied.

Daar sal ook eer betoon word aan gevalle soldate van oorloë waarby Suid-Afrika sedertdien betrokke was.

Gen. Chris van Zyl van Pretoria sal die spreker wees tydens die parade en die SAPD-orkes sal ook optree.

Die gebruiklike kransleggingseremonie vind ook plaas waartydens vriende en familie kranse sal lê ter nagedagtenis aan gevalle soldate, geliefdes en vriende.

Die MOTH-organisasie se aanbieding van die parade is ‘n manifestering van ‘n kerndoelstelling van die MOTHs: “We will remember them.”

Die opoffering van gevalle soldate moet nooit vergeet word nie; dit is ‘n deel van ons geskiedenis en die nasie se reg en verantwoordelikheid om die eerbetoon na te kom.

Familielede, besoekers en oudsoldate is baie welkom .

Daar word ook ‘n ete ná afloop van die verrigtinge aangebied.

Skakel Fritz Olmesdahl by 081 406 8946 vir bevestiging van bywoning.

Back to top button