Op soek na die hartland se bobaas-hengelaar

Radio Kragbron en Gani’s Angling World bied op 12 November ‘n hengelkompetisie aan by die Kosmos Hengelklub, ook bekend as die Ou Griekse Water.

Vir die grootste karp bo 3 kg en die grootste barber bo 5 kg is daar R10 000 geskenkbewyse van Gani’s Angling World.

Die kompetisie word volgens ‘n puntestelsel beoordeel in die kategorieĆ«: juniors (15 jaar en jonger), volwassenes (16 jaar tot 55 jaar) en seniors (56 jaar en ouer).

Die hekke open om 04:00 en toegang beloop R30 per persoon.

Daar sal penne getrek word van 1 tot 250, plekke is beperk en slegs 250 deelnemers sal sake kan uitspook.

Bring jou eie koelsak saam, kosstalletjies sal beskikbaar wees.

Volgens Hengelordonnansiereƫls sal slegs twee visstokke per hengelaar toegelaat word, so ook net twee hoeke per stok en een hounet per hengelaar.

Vir veiligheidsdoeleindes sal geen oop vure toegelaat word nie en om regverdigheid te verseker, ook geen voer-plekke nie.

Spotpryse en ateljeeoorskakeling sal uurliks plaasvind.

 

Die kompetisie skop om 07:00 af en eindig om 15:00.

 

Vir meer inligting, skakel Radio Kragbron by 013 697 1191.

Back to top button