Pret by Tolderia dié naweek
TOLDERIA PRETDAG 4 FEBRUARIE
Tolderia is ‘n juweel in die Hoëveld. Dit lê +/- 40km uit Ermelo op die Lothair pad (www.tolderiaresort.co.za). Kampeerders kan reeds Vrydag ingaan en tot Sondagmiddag uitkamp. Die tarief per staanplek is R350 vir die naweek. Dit sluit nie toegangsfooie per persoon vir Saterdag in nie wat R80 per volwassene en R30 per skoolgaande kind beloop. Hekke sal Saterdagoggend 05:45 oopmaak.
Die program vir dag is soos volg:
06:00-11:00 Swartbaar-oewer-hengelkompetisie met fantastiese pryse.
07:00- 10,5 en 21km pretdrafkompetisie.
09:00- 4×4 Pretrit vertrek – Quads is ook welkom.
09:30- 20/40km Bergfietsresies met ‘n baie uitdagende roete wat tegniese vaardighede van die ryers gaan toets
09:30- 5 km Pretstap
11:00- +/- 350 Kinderpretswem – vlerkies en bandjies welkom
12:00- 800m Pretswem
12:00- 1 Myl Swemkompetisie
Goeie pryse sal met enkele uitsonderings, vir al bogenoemde items gegee word. Deelnemers moet eers ‘n kaartjie vir die item waaraan hulle wil deelneem by ‘n kaartjiekantoor koop en dan sorg dat hulle betyds aanmeld vir die wegspringtyd.
07:00-10:00 Ontbyt by die Tolderia klipkrans
09:00-20:00 Verversings en biertuin
09:00-18:00 Allerhande aktiwiteite soos o.a.
- Springkussing in die water (Fat Boy Launch Pad)
- Kinderspeelpark (onder toesig)
- Roei en trapbooitjies
- Vlotritte
- Bootritte
- Wildbesigtingsritte
- Vliegtuigritte
- Pypkarritte
- Wurm en tubes agter bote
- Voertuig, trekkers en implemente uitstallings
- Radio beheerde vliegtuie
- Vliegvertoning
- Meerdere optredes deur gaskunstenaars – MD Greyling en Andrew Roos
Nedbank kaartfasiliteite sal by die pretdagbeskikbaar wees – dit is om geld te trek en om te betaal.
Toegangskaartjies by tuiskoop of by die hek. Navrae kan gerig word aan André 082 417 0174, Piet 082 212 7436, Johan 084 514 1092
SWARBAAR OEWERHENGELKOMPETISIE BY DIE TOLDERIA PRETDAG
Die kompetisie vind plaas op 4 Februarie van 6:00-11:00. Omdat dit ‘n oewerhengelkompetisie is, sal geen bote, tubes of kano’s toegelaat word nie. Hengelaars sal by enige van die twee damme (elk 50 hektaar groot) kan vang.
Om deel te wees van die kompetisie moet hengelaars in besit wees van ‘n visvangkaartjie wat te koop is teen R150 by Tuiskoop of by die hek. Hengelaars moet onthou dat hulle ook toegangskaartjies (volwassene R80 en skoliere R30) benodig, want hulle kan na die visvang gaan deel in al die ander aktiwiteite wat die pretdag bied.
Die reëls van die kompetisie sal op Saterdag oggend by die hek beskikbaar wees. Dit word aanbeveel dat hengelaars, hou-nette moet saamneem. Twee voertuie (wat die inweeg sal doen) sal die oewers patroleer. As ‘n hengelaar wil inweeg sal die gewig aangeteken word en die vis daarna vrygelaat word. Die hengelaar met die swaarste vis sal wegstap met die eerste prys van vier weeksdae by Tolderia oord – waarde R7200. Daar is ook ‘n tweede prys – ‘n viskas ter waarde van R1000.
VLIEGVERTONING BY TOLDERIA PRETDAG
‘n Baie goeie vliegvertoning sal die dag te sien wees. Dit sal ingelei word deur die RV vliegtuie wat deur hulle passies geneem word. Daarna sal die baie bekende, Torre Pitts span ‘n uitstekende akrobatiese vertoning lewer.