Pretdag met hoede
Die Ou Apostoliese Kerk bied op 3 September ‘n pretdag op hul perseel by Hennie Maraistraat 18 aan.
Die tema is “hoede” en groot pryse is op die spel vir die mees oorspronklike en kreatiewe skeppings.
Daar sal ook skyfskiet, veerpyltjies, kettieskiet, spykerslaan, inkleurkompetisie en vele ander pretaktiwiteite met groot pryse te wen, aangebied word.
Kossstalletjies te kus en te keur sal sorg dat niemand honger sal wees nie.
Die pret begin om 10:00 en toegangsgeld beloop R20 per hoed.
Carl Borchard van Witbank sal sorg vir sang en vermaak.
Bring die hele gesin en kom deel in die pret.
Vir meer inligting, skakel Meisie Venter by 076 454 5968.