Residentia Palm-Oord nooi gholfspelers
Residentia Palm-Oord se jaarlikse gholfdag vind vanjaar op Saterdag, 3 Oktober by Bethal Gholfklub plaas.
Die dag gaan in die vorm van ’n Texas Scramble wees en die wêreldbeker rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Skotland sal op ’n groot skerm vertoon word.
Vir meer inligting, skakel die oord by 017 647 2593.