Rol saam by geborgde dag

Ermelo Rolbalklub nooi alle belangstellendes om op 18 Februarie om 08:30 aan die Ermelo Superspar se geborgde dag deel te neem.

Spanne van drie spelers elk kan voor 13 Februarie inskryf teen R300 per span (sluit verversings en middagete in).
Daar is groot kontantpryse op die spel vir die eerste drie wenspanne asook gelukkigetrekkingspryse en ‘n prys vir die oorspronklikste spandrag.

Vir meer inligting, skakel Fritz Olmesdahl by 081 406 8946.

Back to top button